‘n Wit Toyota Prado is Maandagaand 22 Mei 2023 teruggevind nadat dit deur verdagtes by ‘n plaas tussen Hendrina en Bethal in Mpumalanga agtergelaat is.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê ‘n operasie deur lede van Nasionale Misdaadintelligensie, Middelburg Blitspatrollie en privaat sekuriteitsmaatskappy het positiewe resultate opgelewer toe die voertuig waar dit deur verdagtes gelaat was, teruggevind is.
Inligting is ontvang van ‘n verdagte voertuig wat ‘n vals registrasieplaat opgehad het en dat daar met die voertuig se VIN-nommer gepeuter is.
Met opvolg van die inligting is die voertuig opgespoor, maar met dié wat die verdagtes bewus geword het van wetstoepassingsagentskappe, het hulle gevlug.
Daar is gevind dat die voertuig wat steeds geluier het, alhoewel daar nie ‘n sleutel in die aansluiter was nie.
Met verdere ondersoek is vasgestel dat die verdagtes die voertuig gekloon het, deur met die VIN nommer te peuter, sodat dit soortgelyk aan ‘n ander voertuig met dieselfde maak moet wees.
Die voertuig is geskut om verdere ondersoek te doen en om die regmatige eienaar op te spoor.
Forensiese ondersoek word ook gedoen in ‘n poging om die verdagtes op te spoor.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het die wetstoepassingsagentskappe geprys vir die opsporing van die voertuig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



