Tina Turner sterf na lang siekbed

Deel hierdie storie / Share this story

Tina Turner, die legendariese sangeres wat Woensdag in die ouderdom van 83 oorlede is, het ‘n lang siekbed gehad.

Sy was baie bekend vir liedjies soos The Best en What’s Love Got to Do With It.

Sy het in die afgelope paar jaar verskeie gesondheidsprobleme ervaar, onder andere kanker, ‘n beroerte en nierversaking.

Sy is as die koningin van Rock ‘n Roll gedoop en was baie gewild onder aanghangers van regoor die wêreld.