‘n Jong motorfietsryer is vanoggend tydens ‘n ongeluk in Marine Drive in Uvongo, KwaZulu-Natal, ernstig beseer.
Chantelle Botha, woordvoerder vir KwaZulu Private Ambulance Services, sê hulle is na rapportering van ‘n ongeluk na die toneel ontbied.
Met aankoms is gevind dat ‘n motorfietsryer ‘n groot slaggat in die pad getref en daarna beheer oor die motorfiets verloor het.
Die pasiënt is deur paramedici geassesseer en is ernstig beseer.
Stabilisering het op die toneel plaasgevind voordat die pasiënt vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



