Elf verdagtes verbind aan OTM-bomaanvalle bly in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: OTM-bomaanvallers hou sekuriteitswagte gyselaar

Elf verdagtes wat glo verbind is aan verskeie OTM bomaanvalle in Limpopo het Maandag hulle eerste verskyning in die Mecklenburg-landdroshof gemaak.

Die verdagtes word aangekla van roof met verswarende omstandighede, saakbeskadiging, oortredings van die ontploffings en onwettige immigrasie wette.

Tien van die verdagtes kom van Lesotho af en een van Suid-Afrika.

Banknote, ontploffingstoestelle, drie vuurwapens, twee voertuie en 18 rondtes ammunisie is in hulle besit gevind tydens die inhegtenisneming.

Die saak is tot 20 Julie uitgestel vir verdere polisie ondersoek. Die verdagtes bly in aanhouding.

Bronne: IOL, Be Loud, Twitter

Lees ook: OTM-bomaanvallers hou sekuriteitswagte gyselaar