ANC gaan André de Ruyter dagvaar vir naamskending

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: PRHSA sê regsaksie sal geneem word teen onwettige verspreiding van De Ruyter se boek

Die ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het gesê die ANC gaan binnekort die lasbrief vir André de Ruyter stuur in Duitsland vir hulle naamskending saak teen hom.

Dit volg na De Ruyter in ’n onderhoud beweer het ’n ANC minister is betrokke by die bedrog en korrupsie in Eskom. De Ruyter het ook in sy boek Truth to Power geskryf oor die beweerde korrupsie en tenders.

Mbalula het aan die SABC gesê De Ruyter het eerder ’n boek geskryf terwyl hy by Eskom gewerk het pleks daarvan om iets aan beurtkrag te doen.

Mbalula het gesê die ANC gaan die lasbrief op De Ruyter na Duitsland stuur, waar De Ruyter nou is.

Bronne: IOL, Briefly, Mail & Guardian

Lees ook: PRHSA sê regsaksie sal geneem word teen onwettige verspreiding van De Ruyter se boek