LEES OOK: Inligting gesoek vir man glo betrokke by bedrog van motorvoertuigtransaksies
Sihle Zikalala, minister van openbare werke en infrastruktuur, het onthul dat sy departement tussen 2019 en 2022 R93 miljoen aan die huise van kabinetslede bestee het.
Dit sluit in: R1,4 miljoen vir ’n nuwe kombuis, R240 000 om kakkerlakke te berook, R53 000 vir ’n gordynreling en R19 000 om gloeilampe te vervang. Die DA het ’n klag by die Openbare Beskermer (OB) ingedien nadat ANC R93 miljoen bestee het om ministeriële herehuise in stand te hou.



