Die bestuurder van ‘n vragmotor wat Vrydagaand op die Vincent Dickensonpad in Canelands, KZN, omgeslaan het, moes deur die Jaws of Life gered word.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het kort voor middernag op die toneel aangekom waar die vragmotor op sy sy gelê het.
Die bestuurder is gered en het ligte beserings opgedoen.
Omstandighede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie.



