Sersant geskiet toe hy reageer op inligting oor kabeldiefstal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Pietermaritzburg-huis waar mense doodbrand is glo ‘dwelmden’

Die polisie in Mangaung het ’n mannejag geloods na ’n sersant (39) geskiet en beseer is toe hy reageer het op inligting oor ’n kabeldiefstal by ‘n woonstelblok in die Maphisapad in Phahameng.

Lede van die Bloemfontein Flying Squad en Mangaung-gemeenskapdienssentrum het inligting ontvang oor mense wat glo by die leë geboue besig was om kabels te steel. Daar was sewe verdagtes wat glo op die polisie losgebrand het toe hulle daar aankom. Die sersant is in die bo-arm raakgeskiet en die verdagtes het in verskillende rigtings gevlug.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek en enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te nader.

Bron: SAPS

Lees ook: Pietermaritzburg-huis waar mense doodbrand is glo ‘dwelmden’