Pietermaritzburg-huis waar mense doodbrand is glo ‘dwelmden’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Twee brandslagoffers sterf, dodetal in PMB brand styg tot tien

Familielede van die tien mans wat doodgebrand het in ‘n Pietermaritzburg-huis, het na die huis as ‘n “dwelmden” verwys.

Tien mans is oorlede na ‘n groep gewapende verdagtes Sondagaand by ‘n huis in Pietermaritzburg ingegaan het op soek na die huiseienaar. Die huiseienaar was nie daar nie, maar die gewapende verdagtes het die mans in die huis laat uittrek, met petrol gegooi en aan die brand gesteek.

Agt van die mans is op die toneel oorlede en twee het later in die hospitaal gesterf.

Die familielede van die slagoffers het gesê die huis is gebruik deur mense wat dwelms misbruik en dat die slagoffers daar ontmoet het om “whoonga” te rook.

Die dogter van een van die slagoffers het aan IOL vertel die huis is voorheen aangeval.

Die wyksraadslid S’khanyiso Makhanya het vertel hy het gereeld klagtes oor die huis ontvang deur gemeenskapslede wat gesê het daar is kriminele in die huis weggesteek.

Die polisie ondersoek nog die saak en geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Bronne: IOL, VN Explorer, Twitter

Lees ook: Twee brandslagoffers sterf, dodetal in PMB brand styg tot tien