Nádine moedig mense aan om met sagte oë te kyk

Deel hierdie storie / Share this story

Iemand het gister vir die Suid-Afrikaanse sangeres Nádine die mooiste kompliment gegee oor die uiterlike en hoe lekker dit is om haar te ontmoet, toe besef sy dat wanneer jy met mooi oë na die wêreld kyk, sal dit waarna jy kyk ook vir JOU mooi wees.

Kyk met sagte oë…

Iemand gee my gister die mooiste kompliment. Vleiende woorde oor die uiterlike en hoe lekker dit is om te ontmoet. En ek besef weereens:

Wanneer jy met mooi oë na die wêreld kyk, sal dit waarna jy kyk ook vir JOU mooi wees. My beste vriend sê altyd: “When you’re super happy or in love, you wear rosy glasses and the world just seems like a nicer place”

Om met n gemoedelike gesindheid en meelewende gees mense om jou te ervaar, verander die lens van jou oë en filters van jou tong. Kyk hierdie naweek weer met sagte oë na jouself, jou gewig; plooie; ouderdom en foute, los die kritiek en oordeel vir ander mense vir n nuwe dag, en onthou dat die mens langs jou se storie waarskynlik totaal en al anders is as wat jy dink.

Jy is nie n fout nie. Jy is nie n opsie nie. Jy is hier met doel en met rede.

Geseënde naweek.

Liefde