Man wie se vrou op troudag sterf, praat oor die seer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Hartgebroke bruidegom wie se bruid deur ‘n dronkbestuurder op hulle troudag doodgery het, het nou vir die eerste keer sedert die voorval openbaar daaroor gepraat.

Aric Hutchinson (36) is besig om van sy beserings te herstel na sy vrou, Samantha Hutchinson (34) op 28 April op die paartjie se troudag by Folly Beach, South Carolina, doodgery is.

Die vermeende dronkbestuurder, Jamie Lee Komoroski (25) het 65 mph in ‘n 25 mph0–sone gery toe sy agter in die paartjie se motor vasgery het.

Hutchinson was in trane toe hy vir die eerste keer sedert die voorval met die media gepraat het. Hy het aan Good Morning America gesê: “Sy het ‘n ongelooflike mens wat nie van ons af weggeneem moes word nie, van ons gesteel.

“Ek is nog besig om dit te verwerk.

“Sy was so gelukkig. Ek bedoel, om ‘n troue te beplan, soos meeste mense wees, is baie stresvol. En sy het daardie aand so ‘n vreemde kalmte aan haar gehad.”

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel