Boer Francois en Vanessa, wat hy tydens die laaste seisoen van Boer Soek ‘n Vrou gekies het, is verloof.
Marciel Hopkins, aanbieder van die program, het die nuus op sosiale media gedeel nadat Sarie dit bekendgemaak het.
“Julle, hierdie is die lekkerste nuus om te kan deel: Boer Francois en Vanessa van seisoen 15 van Boer Soek ’n Vrou is verloof! Hulle storie is dié mooiste voorbeeld van ‘n tweede kans op die liefde. Baie geluk julle – mag die pad vorentoe vir julle wonderlike avonture en liefde sonder perke inhou!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



