Eish! Neels is terug op dating app

Deel hierdie storie / Share this story

Die Op My Eish-akteur, Neels van Jaarsveld, is weer op die mark en dié keer probeer hy liefde vind op die dating app, Hinge.

Neels, wat aan die realiteitsprogram, Op My Eish, deelgeneem het, het tydens die program liedfde gevind by Florinda Hearn, ‘n skoonheidskundige van Randfontein.

Die verhouding het egter na ‘n paar maande op die rotse beland, maar Van Jaarsveld het nie gras onder sy voete laat groei en in November 2022 het hy en Meg Lonergan begin uitgaan.

Die verhouding het na ‘n paar maande ook nie uitgewerk nie en nou is die akteur weer opsoek na liefde.