Moordwapen van rapper nie gevind, sê polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Die moordwapen van die rapper, Kieran Forbes, is glo nie gevind nie.

Eye Witness News het vroeër die week berig dat die wapen waarmee Forbes geskiet is glo in die besit van ‘n man in sy vroeër twintig gekry.

Volgens kol. Robert Netshiunda is die nuus onwaar en doen mediahuise hul bes om die polisie se ondersoek in die wiele te ry.

Volgens ‘n verklaring deur die polisie is dit onsensitief en sit dit die ondersoekbeampte onder druk en stel sy lewe in gevaar.

“Die polisie maak goeie vordering in die saak en sodra die tyd reg is, sal die nodige inligting aan die publiek gegee word,” sê Netshiunda.