Lees ook: Transitorowers skiet glo polisiebeampte, vermoor glo vrou in Durban
Die Socio-Economic Rights Institute (SERI) het die waarnemende burgemeester van Johannesburg, Kenny Kunene, kritiseer vir die klopjagte, uitsettings van inwoners en sloping van eiendomme.
Die uitvoerende direkteur van SERI, Nomzamo Zondom, het in ’n onderhoud met Newzroom Afrika gesê die anti-misdaad operasie is meer om punte as ’n politikus te kry. Zondo het ook gesê dit tel as intimidasie om mense so uit te sit.
Zondo het gesê dit is onwettig in Suid-Afrika om iemand by hulle huis uit te sit sonder ’n hofbevel selfs al bly die mense onwettig daar. Zondo het ook gesê Kunene het glo vir joernaliste gesê die mense wat “onwettig” daar bly betaal huur.
Kunene was Sondag en Maandag die waarnemende burgemeester na Kabelo Gwamanda weg was op besigheid vir 48 uur.
Kunene het Maandag aangekondig hy lei klopjagte om beheer te kry oor “gekaapte geboue” wat onveilig is en waar “nutsdienste gesteel word”.
Kunene het ook gesê die stad van Johannesburg is bekommerd oor kriminele wat die “gekaapte geboue” gebruik om weg te kruip.
Bronne: IOL, EWN, Politics Web
Lees ook: Transitorowers skiet glo polisiebeampte, vermoor glo vrou in Durban



