Gewapende verdagtes kaap glo vragmotor vol vleis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ongegronde mediabewerings kan AKA-moordondersoek benadeel

’n Trok vol hoender is Maandag in Umlazi, Durban, na bewering gekaap deur gewapende verdagtes.

Die privaat sekuriteitsmaatskappy PT Alarms het gesê die verdagtes het ontsnap met vyf ton hoender na hulle die voertuig verlaat het.

Lede van die PT Alarms Tactical span het die trok gekry waar dit verlaat is. Niemand is in die voorval beseer nie.

Die Bhekithemba SAPD het die saak oorgeneem maar nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Bronne: IOL, Facebook

Lees ook: Ongegronde mediabewerings kan AKA-moordondersoek benadeel