Die 81-jarige sakevrou Martha Stewart maak geskiedenis as die oudste model nog op die buiteblad van ‘Sports Illustrated’ se nuutste swemdraguitgawe.
Stewart, het die voorblad van die tydskrif vanoggend op die Today Show bekend gemaak.
Die leefstyl-guru dra op dié voorblad ‘n wit Monday Swimwear-eenstuk ($192) en ‘n helder oranje kledingstuk van Torso Creations bo-oor.
Sy sê dit was “vreemd” om in swemklere voor “al daardie mense” afgeneem te word, maar dat dit oukei uitgedraai het.



