Hulp benodig om mobiele suurstofmasjien te vervoer

Deel hierdie storie / Share this story

Goeie nuus. ‘n Skenker wil met “pay it forward” welwillendheid ‘n draagbare suurstofmasjien wat sy ontvang het skenk. Indien jy weet van iemand betroubaar, wat van Norkempark in Kemptonpark na Parys in die Vrystaat reis en gewillig is om die masjien te vervoer, tree asseblief met ons in verbinding.

FiND iT het gister soos volg berig:

Netta Welthagen (65) en haar man is pensioenarisse wat hulp nodig het om ‘n mobiele suurstofmasjien vir haar aan te skaf.

Marie Klopper, Netta, se suster sê aan FiND iT dat sy weens haar longe 24 uur per dag op ‘n suurstofmasjien wat met elektrisiteit werk, moet wees.

Met die aanhoudende beurtkrag wat tans ondervind word, moet sy op ‘n kragopwekker staatmaak en as gevolg van die geraas en brandstof wat so duur is, kan sy hom nie laat in die aande aansit vir suurstof nie.

Sy het reeds ‘n omskakelaar (inverter) as geskenk ontvang, maar met die aanhoudende beurtkrag kry dit nie genoegsame kans om te herlaai nie.

As gevolg van te min suurstof, begin haar neus bloei en kry sy nie asem nie.

Hulp word gevra om deur haar BackaBuddy-profiel fondse in te samel om vir haar ‘n behoorlike mobiele suurstofmasjien met ‘n spaarbattery aan te skaf, indien alle ander opsies nie vir haar beskikbaar is nie.

Die situasie is tot groot kommer vir haar familie wat haar sien swaarkry.

Dit kan haar help om ook ten minste op haar bed te lê en slaap, aangesien sy elke aand regop sit en slaap in ‘n poging om te kan asemhaal.

“Sy is vir ons kosbaar en ons wil graag rustig wees oor haar gesondheidstoestand.”

https://www.backabuddy.co.za/netta-welthagen-5596004004907719573

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.