Gesinshond verskeie kere geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gesin van Buffelsdraai in KZN se Jack Russel-hondjie is dood na hy altesaam sewe keer geskiet is.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is die tweejarige hond naby sy huis in Buffelsdraai doodgeskiet.

Die hond se eienaar het Rusa-beamptes Maandag om hulp gevra. Volgens die eienaar het die man Sondag na sy hond gaan soek nadat hy hom nie in sy erf kon opspoor nie. Dit was oor was van die hond is ongeveer 200 m vanaf die eienaar se huis gevind.

Die hond is sewe keer geskiet.

Indien jy enige inligting het, kontak Rusa by 086 1234 333.