‘n Vrou wat vermoedelik in haar sestigs is, is Maandagmiddag 15 Mei 2023 ongeveer 14:30 buite Berea West Junior Primary School in Berea-West-area, Westville, Durban, geskiet.
ALS Paramedics is na die toneel ontbied waar Durban Metropolisie tesame met vrywilliger-paramedici die beseerde vrou behandel het.
Gevorderde lewensondersteunende paramedici het die versorging van die vrou wat skietwonde aan haar bolyf opgedoen het, oorgeneem.
Sy is op die toneel gestabiliseer voordat sy in ‘n kritieke toestand na Ahmed Al Khadi Private Hospital vervoer is waar ‘n trauma-span haar verdere mediese versorging behartig.
Omstandighede wat tot die skietvoorval gelei het is onbekend en sal verder deur die polisie ondersoek word.
Emer-G-Med en Mobi Claw was ook op die toneel. Volgens inligting op die toneel het ‘n man in ‘n voertuig, wat vermoedelik die slagoffer se man is, haar na bewering eers probeer omry en in die proses met sy motor in ‘n sementmuur vasgery. Hy het daarna glo uit die voertuig geklim en haar na bewering geskiet voordat hy van die toneel gevlug het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



