Pad na Nampo gesluit – ompad moet gebruik word

Deel hierdie storie / Share this story

Besoekers wat na Bothaville in die Vrystaat na die 55ste Nampo Oesdag op pad is, moet kennis neem van die ompad wat gevolg moet word as die roete tussen Parys en Viljoenskroon gebruik word.

Die pad net buite Viljoenskroon is weens water in die pad gesluit vir verkeer en verbruikers word versoek om van die alternatiewe roete gebruik te maak.

Verbruikers probeer stèèds die water oorsteek net om in die moeilikheid te beland. Veral snags is hierdie oorstroomde pad wat sedert Desember groot gevaar inhou, ‘n probleem.

Die vragmotor het Vrydagaand in die oorstroomde pad se water beland.

Verbruikers word gemaan om glad nie deur die water te probeer gaan nie, siende nie eers vragmotors dit tans maak nie.