Dringend opsoek na vermiste Charne Swanepoel

Deel hierdie storie / Share this story

Charne Swanepoel se familie is dringend opsoek na haar nadat sy glo vermoedelik van die huis af weggeloop het.

Volgens Cornelia Chase is die 17-jarige sedert 11 Mei vermis.

Enige iemand wat inligting het kan haar pa op 068 589 6295 kontak.

‘n Saak is intussen by die polisie geopen.