‘n Spesiale Moedersdag-uitstappie het vinnig in ‘n tragedie verander toe ‘n gru-ongeluk die ma (41) se lewe geëis het.
Jodie Russell (41) was saam met haar sewejarige dogter, Matilda, op ‘n uitstappie vanaf Tinana na Brisbane toe die ma en dogter se voertuig in ‘n Ford Ranger wat ‘n karavaan gesleep het, gebots het.
Die ongeluk het Vrydagmiddag omstreeks 15:45 plaasgevind.
Russell is op die toneel oorlede en Matilda, ook bekend as Tilly, is met ligte beserings na die Gympie-hospitaal geneem waar sy herstel.



