LEES OOK: Poging tot selfdood – man ongeveer ses meter hoog uit boom gered
Die Oekraïnse president Volodymyr Zelenskyy het Saterdag bevestig dat hy tydens ’n video-oproep met president Cyril Ramaphosa gepraat het oor die Oekraïense 10-punt vredesplan en Ramaphosa gevra het om die reëls van internasionale reg te gehoorsaam, wat die arrestasie van president Wladimir Poetin kan insluit as hy in Suid-Afrika aankom, ingevolge die arrestasiebevel wat deur die Internasionale Strafhof uitgereik is, waarvan SA ’n lid is. Hy het ook gewaarsku dat “enigiemand wat Rusland met ’n wapen help, ’n medepligtige sal wees met al die gepaartgaande gevolge”.



