‘n Video deur Rooies Strauss, ‘n pastoor van die Noord-Kaap het mense geskok, briesend en spraakloos gelaat waarin hy sê outisme is nie ‘n afwyking nie, maar ‘n “demoniese toestand”
In die video vertel Rooies dat die ou wat voor hom staan hoogs outisties was. “Dankie Here, Wyk outisme!” roep Rooies uit terwyl die man agteroor vale n iemand hom vang.
Rooies sê ook dat sielkunidges “kansvatter” is en dat die pille wat voorgeskryf word “boos” is.
Rooies, wat School of Fire en The Miracle Place in Groblershoop, 120 km vanaf Upington bedryf, sê enige iemand wat “aandagafleibaar” is moet na hom gestuur word.
Volgens Rooies glo hy dat daar “demoniese inmenging by intelligente kinders” is en dat outisme nie bestaan nie.
Hy het glo aan Rapport gesê dat daar dokters is wat met hom saamstem maar wou egter nie die name van die dokters gee nie.
Rooies en sy span is tans in Oekraine waar hulle sending werk doen en depressie aanspreek. Hy is op die oomblik besig met ‘n kursus in trauma.
In die video sê Rooies verder dat dit nog ‘n week se gebed sal kos om die man te genees, “maar daar is vordering.”
Rooies beweer ook in die video dat die satan steel intelligente mense en dis die rede hoekom daar so baie homoseksuele mense onder kunstenaars is.
Kyk die video hier.



