Twee kritiek ná ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is glo kritiek ná ‘n motorongeluk Saterdagaand op die R104 in die Silverton-area.

Volgens Emer-G-Med het hul met hul aankoms op die toneel ‘n ligte motorvoertuig gevind wat omgeslaan het en van die pad af gerol het.

‘n Volwasse man is tydens die voorval uit die motor geslinger en ‘n volwasse vrou is vasgevang in die motorwrak gevind.

Gevorderde lewensondersteunings-intervensie was nodig om beide pasiënte te stabiliseer voordat ‘n besluit geneem is om die vrou met ‘n helikopter na ‘n spesialisfasiliteit te vervoer vir mediese sorg.

Die man is per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere sorg.