Die polisie vra die publiek se hulp om ’n Vrystaatse universiteitsdosent op te spoor.
Kgatliso Edwin Makgetla (28), wat ’n universiteitsdosent in Welkom is, is op Vrydag 5 Mei laas by Calabira in Meloding gesien waar hy saam met sy broer tuisgaan.
Stephen Thakeng, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê Kgatliso se broer het die polisie ingelig dat hy gedink het Makgetla het daardie dag ‘n vriend besoek om sokker te kyk, maar hy het nooit teruggekeer nie.
Makgetla was sedert sy verdwyning ook nog nie weer by die werk nie.



