Lees ook: Brackenfell-onderwyser glo deur buurman doodgesteek
Die saak teen die Brackenfell-man wat glo sy buurman, ‘n onderwyser, vermoor het, is as gevolg van beurtkrag uitgestel.
Gareth Blight is op 29 April in hegtenis geneem vir die dood van Shane Human.
Human was besig om saam sy familie en vriende te braai toe hy glo in ‘n argument met Blight betrokke geraak het. Human het daarna glo na Blight se huis gegaan waar hy een keer met ‘n kombuismes in die bors gesteek is. Human is op die toneel dood verklaar.
Blight het die week in die Blue Downs-landdroshof verskyn waar die saak weens beurtkrag tot 22 Mei uitgestel is.
Bronne: IOL, IHeartMyTeacher.org, VN Explorer
Lees ook: Brackenfell-onderwyser glo deur buurman doodgesteek



