Help om Christo wat na argument verdwyn op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Christo van der Merwe (42) is sedert 7 Mei 2023 in Boschkop, Pretoria, Gauteng, vermis.

Hy was die laaste keer opgemerk waar hy met ‘n persoon in ‘n restaurant in Rayton geargumenteer het.

Sedertdien is daar nog nie weer van hom gesien of gehoor nie.

Hy was in ‘n kortbroek en T-hemp geklee, het bruin oë, kort bruin hare, weeg ongeveer 65 kg en is 1,8 m lank.

Uitkenbare merke: Littekens op sy regter binnearm en bors, asook ‘n tatoe van ‘n Sjinese simbool op sy voorarm.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind kan daar met die volgende nommers in verbinding getree word:

Boschkop SAPD – 012 802 8230 / 082 822 6235 of Stop Misdaad by 08600 10111

Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 / 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.