Trokdrywer in hegtenis vir beweerde verkragting van ryloper

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Raadslid in hegtenis na hy glo 12-jarige probeer verkrag

’n Trokdrywer (43) is in die Middelburg-gebied in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n ryloper.

Volgens die polisiewoordvoerder het die 23-jarige vrou Maandag saam met ander passasiers in die man se trok gery. Die trokdrywer het die ander passasiers by Jansenville afgelaai en sy het verder saam met hom gery.

Hy het glo by ’n russtop afgetrek, haar met ’n vuurwapen gedreig en verkrag. Daarna is sy op Graaff-Reinet afgelaai waar sy na die polisie is.

Die trokdrywer is op Middelburg in hegtenis geneem op ’n aanklagte van verkragting.

Bronne: IOL, News24, Algoa FM

Lees ook: Raadslid in hegtenis na hy glo 12-jarige probeer verkrag