De Villiers Strauss en Anline Brunette hou as finaliste op 21 Junie 2023 as deel van ‘n gemeenskapsprojek vir Mej. en Mnr. Diamantveld ‘n fondsinsameling. Hierdie fondsinsameling, waartydens drie jagpakkette opgeveil gaan word vir fondse, is ten bate van Destiny House.
Die geleentheid sal by At The Fire plaasvind waar Bok van Blerk die aand die gehoor sal bekoor.
Dit gaan ‘n heerlike kuieraand wees met kosse, ‘n kontantkroeg en heerlike vure wat gaan brand.
Kaartjies beloop R250 per volwassene en R150 per kind onder 12 jaar oud. Bring asb. eie stoele en piekniekkomberse. Daar is slegs 10 VIP-pakkette beskikbaar teen R7 500 vir 10 persone. Ons slaan jou besigheid se gazebo vir jou op, verskaf stoele en ‘n drankpakket.
Drank ingesluit by VIP-pakket is:
Bottel OBS
Bottel whiskey
Bottel brandewyn
3 ys
2 x 2l soda
2 x 2l Coke
6 biere
6 ciders
10 glase
(Let wel, geen kos is by hierdie pakkette ingesluit nie, maar wel by stalletjies beskikbaar.)
Die geleentheid begin 18:30 vir 19:00.
Brunette sê om ‘n finalis vir Mnr. en Mej. DHS te wees, is een van daardie uitblinkpunte in ‘n mens se skoolloopbaan wat mens nie kan misloop nie. “Amper soos jou eerste Valentynsbal of eerste netbalwedstryd – dit is te lekker om te mis! Ek sien dit as ‘n tradisie waar elke jaar se matriekfinaliste ‘n kans kry om deel te neem om so die tradisie lewendig te hou, maar ook om te wys wie jy is en waartoe jy as persoon in staat is buite die skool. Om n verskil te maak in iemand se lewe is die grootste blessing.
“Ek persoonlik is bitterlik opgewonde vir hierdie aand, nie net omdat ek van ‘n mooi rok en skoene hou nie, maar ek sien ook baie uit vir die dansroetines wat ons moet uitwerk en dan natuurlik vir oom Bok. Ek dink ek is een van Bok van Blerk se grootste ondersteuners.
Maar ek kan nie meer wag vir my en De Villiers se fondsinsamelingsprojek vir Mnr. en Mej. DHS “Bok van Blerk @the fire” die 22ste Junie nie. Alles ten bate van Destiny House.”
Strauss sê dit is vir hom n baie groot voorreg om deel te wees van Mnr. en Mej. Diamantveld. “Dit voel soos gister wat ek na die ouer kinders gekyk het as hulle die verhoog trotseer met hul spontane voorkoms.”
“Ek kan nie glo dat dit hierdie keer die Plaaskind se beurt is om op daardie verhoog te pronk nie. Ek sien verskriklik uit, want ek kry n geleentheid om die mense meer te vertel oor wie ek as ‘n persoon is en waarvoor ek staan.”
Klik hier om jou kaartjie te kry.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



