Johannesburgse burgemeester Gwamanda dreig om DA te dagvaar

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nuwe Johannesburgse burgemeester van bedrog beskuldig

Die nuwe Johannesburgse burgemeester, Kabelo Gwamanda, het gedreig om die voormalige burgemeester Mpho Phalatse te dagvaar vir karakterskending.

Dit volg na stemboodskappe gesirkuleer is wat glo kom van mense wat Gwamanda beskuldig van bedrog. In die stemboodskappe kla ’n vrou dat Gwamanda haar en ander mense bedrieg het.

Phalatse het op verskeie sosialemediaplatforms op die saak kommentaar gelewer en Gwamanda uitgedaag om die bewerings te verduidelik.

Die DA het Gwamanda ook twee dae gegee om sy kant van die saak duidelik te maak of hulle gaan polisie toe. Phalatse het in verskeie onderhoude gesê die saak is Saterdag aan haar bekend gemaak en die bewerings was te ernstig om te igroneer.

Gwamanda se party, Al Jama-ah, het in ’n verklaring geëis die DA moet binne 48 uur skriftelik en mondelings om verskoning vra of hulle gaan die burgmeester aanmoedig om die DA te dagvaar vir die skending van sy karakter.

Al Jama-Ah het gesê die stemboodskappe is ’n politieke taktiek om die nuwe burgemeester se beeld te skend en daar is geen amptelike aanklagtes van bedrog teen Gwamanda gemaak nie.

Bronne: IOL, The Citizen, TimesLIVE

Lees ook: Nuwe Johannesburgse burgemeester van bedrog beskuldig