Chloe Kirsten Jacobs (24) is sedert 17 April 2023 in Rosettenville, Gauteng vermis.
Moffiet View-polisiestasie versoek hulp om haar op te spoor.
Sy is laas deur haar ma by die huis gesien voordat sy vermis geraak het.
Ten tyde van haar verdwyning het sy ‘n maroen-kleurige sweetpak en geel skoene aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind, word versoek om met konst. Saidi by 011 433 5200 kontak te maak.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die My SAPS-toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



