Darryl Keith Thöle (48) is sedert 15 September 2022 in Gauteng vermis.
Thöle is laas by sy werksplek in Boksburg, Gauteng, gesien en sy verloofde is die laaste persoon met wie hy kontak gemaak het. Hy is in Malvern KZN as vermis aangemeld.
Hy het grysblou oë, swart-en-grys kort hare, weeg 75 kg en is 1,68 m lank.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in aanraking kom:
Malvern-SAPD – 031 4899600 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



