Die polisie in Gqeberha is op soek na twee manlike verdagtes wat vermoedelik Sondag 23 April by ‘n verkragting betrokke was.
Volgens die polisie is die 24-jarige slagoffer glo 02:00 die oggend deur die twee verdagtes voorgekeer. Hulle was volgens die slagoffer met ‘n vuurwapen en ‘n mes gewapen. Sy is by bosse ingedwing en is daar deur beide mans verkrag.
Volgens die polisie se inligting is beide mans ongeveer 1,6 m lank en tussen 20 en 25 jaar oud.
Enigiemand met inligting kan met hul naaste polisiestasie in verbinding tree.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



