(In die video bo kan die uitkenbare veiligheidsmerke op die nuwe geldnote gesien word.)

Verlede week Donderdag, 4 Mei 2023, is ‘n nuwe reeks banknote deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank geloods.
Mense het gou die spelling op die nuwe R100 bevraagteken.
“Reserve bank” links onder agter op die R100-noot het die wenkbroue laat lig.
Xitsonga-sprekers het die “fout” raakgesien.
Op die ou banknoot is die Xitsonga-spelling van “Reserve Bank” as “Bangi-Nkulu” gedruk.
Op die nuwe noot is die Xitsonga-spelling “Bangi Kulu” .
Die PAN Afrika-taalraad sê egter dat die spelling op die ou note verkeerd was.
Die verduideliking is dat die “N” wat nou weggelaat is, gebruik word wanneer daar na ‘n persoon verwys word en nie wanneer daar na ‘n instelling verwys word nie.
Verskillende gemeenskappe wat Xitsonga praat, verskil oor die spelling.
Bronne: Business Tech en Pretoria FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



