Sewe gewapende verdagtes word gesoek nadat hulle vermoedelik by ‘n rooftog by Ackermans in Waterloo, KZN, betrokke was.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is ongeveer 14:13 Maandagmiddag na die toneel ontbied.
Hulle kon vasstel dat die verdagtes die winkel binnegegaan het en werknemers en klante binne die winkel aangehou het Hulle het glo verskeie selfone en lugtydbewyse gesteel voor hulle in ‘n onbekende voertuig gevlug het.
Niemand het seergekry nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



