‘n Vroulike motoris in haar twintigs is dood verklaar met aankoms van paramedici by ‘n ongelukstoneel waarby ‘n vragmotor en ‘n ligte motorvoertuig betrokke was.
Die ongeluk het by die kruising van die R25 en M6 in die Tierpoort-omgewing gebeur.
Volgens Emer-G-Med het die vragmotor en sedan teen ‘n hoë snelheid en ‘n hoë impak gebots. Die vrou, wat die enigste insittende van die sedan was, is op slag dood.



