TikTok het VK-joernalis dopgehou deur haar kat se rekening

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Montana keur wetgewing goed om TikTok te verban

Cristina Criddle het aan die BBC vertel dat sy twee dae voor Kersfees ’n oproep van TikTok ontvang het om haar in te lig dat twee van hulle werknemers in China en twee in die VSA haar data sonder haar toestemming of kennis bekyk het.

TikTok het bevestig dat lede van die interne ouditspan na die ligging van Cristina se IP-adres te kry om dit te vergelyk met die IP-data van ’n werker om uit te vind wie met die media praat.

TikTok het gesê dit is sonder toestemming gedoen en die werknemers het hulle mag misbruik. Hulle het ook gesê die werknemers wat Cristina en ander “Westerse joernaliste” se data misbruik het, is afgedank en so iets sal nie weer gebeur nie.

Cristina se TikTok-rekening was op haar persoonlike toestel in die naam van haar kat Buffy. Haar regte naam en inligting was nie enige plek genoem nie.

TikTok kan die volgende data bymekaarmaak:

Waar jy is

Waarvan jy hou

Die toestel wat jy gebruik

Aanlyn aktiwiteite buite die platform self

Bronne: BBC, HeadTopics, 15 Minute News, Flipboard

Lees ook: Montana keur wetgewing goed om TikTok te verban