‘n Tienerseun (15) is in hegtenis geneem vir beweerde gewapende roof nadat ‘n vuurwapen Saterdagaand glo in sy besit gevind is.
Inwoners het Reaction Unit South Africa (Rusa) gekontak en om hulp gevra nadat hulle die tiener aangekeer het.
Beamptes is met hul aankoms ingelig dat vier verdagtes glo ‘n individu genader en hom van sy selfoon beroof het voordat hulle te voet gevlug het. Die slagoffer het die gemeenskap om hulp gevra.
Gemeenskapslede het die tiener aangekeer en deursoek, waarna daar na bewering ‘n vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in sy besit gevind is.
Tydens ‘n onderhoud met Rusa-beamptes het die verdagte gesê hy is van Mawothi in KZN. Hy het glo Saterdagmiddag sy vriende in Parkgate ontmoet waar hulle die rooftog beplan het. Die drie verdagtes wat daarin geslaag het om arrestasie te ontduik, woon glo in die gebied.
Die verdagte en die vuurwapen is aan die Verulam-SAPD oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



