Man kap vriend met panga na kuier

Deel hierdie storie / Share this story

*WAARSKUWING: Foto’s nie vir sensitiewe lesers nie.

‘n Man (41) is Sondagoggend in Ramnathweg in Coniston, KZN, met ‘n panga gekap en deur sy drinkmaat aangerand.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 02:54 ‘n oproep om bystand ontvang. Met aankoms het beamptes ‘n man wat bloei van beserings aan sy kop en regterarm aangetref. Hy het verduidelik dat hy saam met vriende alkohol gedrink het toe ‘n selfoon vermis geraak het. Hulle het hom van die diefstal beskuldig, wat hy ontken het. Een van sy vriende het hom met ‘n panga gekap en hom aangerand voordat hulle gevlug het.

Die beseerde man is na ‘n privaat hospitaal geneem.