Die liggaam van ‘n man is Donderdagoggend 4 Mei 2023 omstreeks 07:30 in die veld oorkant wat bekend staan as die “Varkhokke” in Mayixhalestraat, Kwanonqaba, Danabaai, Mosselbaai gevind.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die man se liggaam is deur twee plaaslike persone wat onderweg was werk toe gevind. Hulle het die polisie verwittig.
Met aankoms op die toneel is die man met twee skietwonde aan sy kop gevind. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
‘n Moorddossier is geopen en word deur die polisie ondersoek om die motief van die oorledene se dood vas te stel. Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.
Indien enigiemand oor inligting beskik, kan daar met AO Geoffrey Moos in verbinding gekom word. Kwanonqaba-polisiestasie kan by 044 6065633 gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



