Desmond Bissell (45) is sedert 18 April 2023 in Boksburg, Gauteng vermis.
Hy is laas op 17 April 2023 in Elsburg, Germiston gesien.
Bissell het vir ‘n vriend in Krugersdorp gesê dat hy op pad is, maar het nooit opgedaag nie.
Hy het bruin oë, swart hare, weeg 85 kg en is 1,82 meter lank.
Uitkenbare merke is tatoes wat koördinate en name (bors) tribal (bors en beide skouers) en ‘n kat (kuit), insluit.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende nommers in kontak kom:
Sers. Baloi, Boksburg-SAPD – 079 942 2689 / 08600 10111
Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 / 083 378 4882

Foto: Pink Ladies Organisasie
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



