Vyf verdagtes in Nick Frischke-saak terug in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beloning word aangebied vir inligting aangaande vermiste toeris Nick Frischke

Die saak teen die vyf verdagtes wat glo erken het hulle het die vermiste Duitse toeris Nick Frischke beroof was Donderdag weer in die hof.

Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op die aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die verdagtes het erken hulle het hom op Karbonkelberg beroof en volgens hulle het hy na die roof weggehardloop.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Die vyf verdagtes bly in aanhouding.

Frischke is nog nie gevind na hy in Februarie verdwyn het nie. Die polisie het gesê nuwe inligting is ontvang, dus sal die soektog voortgaan.

Bronne: Cape Talk, EWN, Daily Maverick

Lees ook: Beloning word aangebied vir inligting aangaande vermiste toeris Nick Frischke