Drukker vir bestuurslisensiekaarte breek alweer

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Uganda anti-LGBT wetsontwerp goedgekeur

Suid-Afrika se enigste masjien vir die druk van bestuurslisensies is weer buite werking en sal volgens die departement van vervoer oor drie weke eers weer in gebruik wees.

Die woordvoerder vir die nasionale departement van vervoer het gesê die masjien het gebreek na roetine-instandhouding verlede maand.

Die departement het gesê die produksie van bestuurslisensies sal oor die volgende twee tot drie weke voortgaan. Mense word aangemoedig om steeds aansoek te doen vir hulle bestuurslisensies.

Bronne: IOL, My Broadband, News24, SowetanLIVE

Lees ook: Uganda anti-LGBT wetsontwerp goedgekeur