Sal jy deelneem aan ‘toonstoeiery’?

Deel hierdie storie / Share this story

“Toonstoeiery” of “toe wrestling” is sekerlik een van die wêreld se vreemdste “sportsoorte”.

Die sport vind al sedert 1994 plaas en jaarlikse wêreldkampioenskappe word in Welton, England gehou.

Deelnemers neem sonder skoene deel, vervleg hulle tone met dié van hul mededinger en kyk dan wie eerste die ander persoon se voet kan platdruk.