Akteur word weer pa

Deel hierdie storie / Share this story

Die meeste van ons ken hom as Xander van 7delaan asook in verskeie ander rolle voor die kamera, maar as hy nie op die televisieskerms is nie, is hy ‘n trotse pa by die huis.

Die akteur, Theodore Jantjies en sy vrou Tammy, het onlangs weer ouers geword.

Hy het dié nuus op sy Instagram-blad gedeel.

Hulle het ook ‘n vyfjarige seuntjie, Shiloh.