‘n Jong Amerikaanse vrou se moordsaak is na vier dekades opgelos deur DNA wat uiteindelik aan die skuldige verbind kon word.
Donna Macho het in 1984 as 19-jarige uit haar ouerhuis in New Jersey verdwyn. Haar liggaam is later in 1995 in ‘n mat toegedraai gevind.
Owerhede het destyds met DNS-toetse geen uitslae gevind wat die moordenaar met haar moord kon verbind nie.
Toe owerhede nou onlangs weer na die saak kyk, kon hulle die DNA wat in Macho se kamer gevind is, met ‘n man wat in 1985 in die tronk dood is, verbind. – CBS
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



