‘n Student (22) is op 29 April vanjaar doodgeskiet in ‘n gewapende roof in Belhar, Kaapstad.
Women for Change berig die 22-jarige Kamva Dasi was op die dag uit saam met vyf ander studentevriende. Dasi was ‘n derdejaarstudent aan die Universiteit van die Wes-Kaap.
Die studente het glo pas geld getrek toe hulle beroof is. ‘n Stryery het uitgebreek en Dasi is in die voorval geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.
Die ander vyf studente moes toekyk hoe Dasi vermoor word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



