‘n Motorbestuurder is Saterdagaand op die R21 in die omgewing van die Irene Village Mall, in Centurion, Gauteng doodgery.
Emer-G-Med sê paramedici het hulle na die ongelukstoneel gehaas waar ‘n motoris gestop het om ‘n pap band te ruil en deur ‘n ander voertuig getref is.
Hy is met die aankoms van paramedici op die toneel dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



